EU sal VSA heffings moet betaal

Duitsland reken die instelling van invoerbelasting wat deur die Verenigde State van Amerika ingestel word op sekere goedere soos staal en aluminium is teen die internasionale wette.

Die opmerking volg nadat die spertyd verstreke geraak het en die VSA vanaf 1 Junie sy invoerbelastings hef nadat dae van onderhandelings met die Europese Unie op niks uitgeloop het nie.

Vanaf Vrydag is die Amerikaanse heffing van toepassing, en sal Europa 25% heffing betaal op staal en 10% op aluminium.

Die EU het reeds begin om teenmaatreëls te tref en heffings sal eersdaags op die VSA van toepassing raak om as teenvoeter te dien.

Die Europese Unie, Meksiko en Kanada sal voortaan onderwerp word aan die invoerheffing wat vir etlike weke teruggehou is deur Amerika in die hoop dat ’n ooreenkoms bereik sou word, maar wat na weke se onderhandelings, nie geslaagd was nie.

President Trump het die heffings in Maart aangekondig, maar Europa twee keer die kans gegee om met aanvaarbare voorstelle te kom, maar ‘n ooreenkoms kon nie bereik word nie.