EU bekommerd oor Italie as lidland

Die president van die Europese Unie het gemaan dat respek betoon moet word vir die nuwe regering van Italië wat pas ingehuldig is deur die land se president.

Die EU president, Jean-Claude Junker, het die opmerking gemaak ten einde ’n gunstige klimaat te probeer skep om die anti-EU gesinde regering se lidmaatskap te behou.

Die EU gesinde leiers in Europa hou glo asem op dat Italië nie die referendum sal hou oor voortgesette lidmaatskap nie.

Junker het vroeër gesê Italië moet ophou om die Europese Unie te blameer vir die land se ekonomiese probleme, en harder werk om dit te oorkom.

Junker het ook gesê hy hoop dat die Europese Unie ook nie met Italië gaan sukkel soos wat hulle voorheen met Griekeland gesukkel het nie.

Die anti-EU regering het vroeër tydens die verkiesingsveldtog hul kiesers belowe dat ’n referendum gehou gaan word wat kiesers die geleentheid bied om te besluit of die land moet voortgaan as ’n lid van die Europese Unie.

Foto – Jean-Claude Junker