Eskom maak beleggers sku

Volgens die minister van finansies, Nhlanhla Nene, is Eskom ‘n ernstige probleem vir die SA ekonomie.

Buitelandse beleggers kyk na volhoubare industrieë en ‘n kritiese faktor is gewaarborgde kragvoorsiening. Die huidige Eskom is volgens Nene nie die een wat SA nodig het nie en die leierskap moet vervang word asook nuwe strategie vir sogenaamde breër staatsbeheerde entiteite.

Elsie Kanza , hoof van Afrika by die WEF, sê dat innovasie nodig is asook die vierde industriële revolusie.  Die probleem is dat Afrika nooit verby die eerste industriële revolusie gevorder het nie.  Dan word die ou gesang gesing dat die gevolge van apartheid aangespreek moet word, ongelykheid reggestel moet word en dat die onderrig strukture opgehef moet word.

Foto: Minister Nene