Erdogan wen Turkse verkiesing

Turkye is vir die afgelope 15 jaar deur die uiters omstrede president Erdogan regeer, maar nou is die weerstand so groot ten hom dat die verkiesing gekenmerk word deur moddergooiery wat lei tot ernstig verdeeldheid.

Politieke ontleders sê die vuilste politiek wat gevoer is in die afgelope weke, het gelei tot ’n ernstige tekort aan duidelike politieke beleid, wat denkende kiesers in die duister laat oor waar om hul kruisie te maak.

Meningspeilings, wat deur kenners gewantrou word, dui daarop dat die president die verkiesing kan verloor indien die drie grootste opposisiepartye sou saamstaan en ’n koalisieregering vorm.

In die afsluitingsveldtog van die Republikeinse Volksparty, het die leiers die klem laat val op die gevaar dat die verkiesing nie vry en regverdig sal wees nie, en dat die opposisiepartye magteloos moet toekyk oor hoe die Erdogan-regime alles manipuleer.

Turkye se 66 miljoen kiesers het geleentheid gehad om hulle stem uit te bring terwyl meer as 600 internasionale verslaggewers die verkiesing dopgehou het te midde van vroeë bewerings dat daar op verskeie stempunte bedrog gepleeg is.

Alhoewel meningspeilings toon dat die president nie kan wen nie, het die eerste telling getoon dat hy wel as wenner uit die stryd tree, maar opposisiepartye sê die stemtelling word gemanipuleer.

Etlike ure later het president Erdogan gesê sy party het die verkiesing gewen, en kort daarna het die verkiesingskommissie aangekondig dat die president die meerderheid stemme getrek het.

Die finale telling toon dat die president ’n tweederde meerderheid behaal het, maar die opposisiepartye trek dit in twyfel en slinger beskuldigings van kullery na die president.

Foto – President Erdogan