Ekonomiese groei gekniehalter

Die agentskap Moody’s het in ‘n navorsing studie aangetoon dat swak sakevertroue die ekonomiese groei van die land belemmer.

Beleidsonsekerheid rondom grond- en mynhervorming bly steeds ‘n bron van kommer vir beleggers.

Die hantering van die grondhervorming kan lei tot ‘n afname in beleggings en die daaropvolgende effek op die handel in die land.