Duikers soek na Taiwan kinders

’n Groep kinders wat met fietse besoek gebring het aan ’n bekende grot in Taiwan,  het saam met hul sokker afrigter soek geraak en word vermis sedert Saterdag.

Die kinders se fietse en ander goed is by die bek van die grot gelaat, en is vermoedelik saam met die afrigter dieper in waar hulle skynbaar deur vloedwater afgesny is en nie kan terugkeer nie.

Die grot word sekere tye van die jaar gesluit vir besoekers wens die swaar reën en die reddingspan is bekommerd dat die kinders afgesny is.

Intussen is die vloot se diepsee duikers ingeroep om die soektog voort te sit in die water wat opstoot in die grot.

Die 12 kinders tussen 11 en16 jaar oud, is almal deel van ’n sokkerspan wat saam met hulle 25 jarige afrigter die grot besoek het en leef waarskynlik nog, en die vermoede bestaan dat hulle dieper inbeweeg het om van die instroming van reënwater weg te kom.

Kenners sê die grot het talle sygange, wat die soektog bemoeilik.