Die merk van die dier?

Derduisende mense in die Skandinawiese land Swede het toegelaat dat ’n klein mikroskyfie, so groot soos ’n koringkorrel, onder die vel ingeplant word.

Met die klein mikroskyfie is dit nou nie meer nodig om ’n kredietkaart rond te dra nie, en die ID dokument het onnodig geword.

Die skyfie maak dit ook moontlik om toegang tot die werkplek te kry wat voorheen net moontlik was met behulp van ’n kaart, soortgelyk as ’n kredietkaart.

Alhoewel die publiek dink dit is ’n wonderlike nuwigheid, is daar ook nadele verbonde aan die skyfie wat met ’n inspuiting onder die vel aangebring word.

Meer as 3 000 mense het reeds die skyfie wat op die agterkant van die hand aangebring word met ’n spuit soos waarmee inspuitings toegedien word.

Die skyfie is glo baie handig, maar die gevaar bestaan dat ’n persoon al sy persoonlike besonderhede per abuis wêreldkundig kan maak sonder dat hy daarvan bewus is.

Baie werkers wat per trein reis na en van die werkplek, gebruik die mikroskyfie wat oor die eienskap beskik om enige vorm van persoonlike data te hanteer.

Iemand het opgemerk dat dit waarskynlik die begin van die era word waar mense die merk van die dier sal nodig hê om te koop en te verkoop.