Cele se hersinskim

Bheki Cele, minister van polisie, het Suid-Afrikaners beloof dat misdaad binnekort drasties gaan afneem.

Hy en die kommissaris van polisie, sal glo vandag sy meesterplan bekend maak hoe SAPD beplan om misdadige aktiwiteite vas te vat.

Intussen gaan misdaad onverpoosd voort en was daar die naweek verskeie plaasaanvalle en is ‘n lid van die publiek doodgeskiet tydens ‘n transito rooftog. Daar is ‘n vermoede dat ‘n polisielid betrokke was by dié rooftog.

Selfs ‘n provinsiale LUR se voertuig is gekaap, met die polisiesersant wat haar lyfwag is, steeds in die motor.