Burgemeester bedank

Die Vaaldriehoek se burgemeester, Jacob Khawe, het bedank slegs ses maande nadat hy die pos aanvaar het.

Dit is glo as gevolg van die besluit om die munisipaliteit onder semi-administrasie te plaas.

ANC binnegevegte is ook as rede aangegee aangesien Khawe glo aspireer om teen Hope Papo te staan as provinsiale sekretaris.

Khawe het Simon Mofokeng vervang nadat die beskuldig is van seksuele aanranding van ‘n 14-jarige meisie.