Brandstof skiet hoogte in

Brandstof gaan 6 Junie met ‘n yslike 82 sent per liter verhoog terwyl diesel met 85 sent gaan verhoog.  Huishoudelike gas sal met R1,38 per kg verhoog.

‘n Volgende verhoging is op 1 Julie is ook reeds in vooruitsig gestel.

Wat vreemd is, is dat Botswana se brandstofprys tans R10,53 is – ingevoer vanuit Suid Afrika.   Suidwes oftewel Namibië se prys is tans R9,99 in Windhoek – ‘n prysverskil van R4,39 per liter.

Die hoofrede is die enorme heffings wat die ANC-bewind op brandstof plaas, en wat al beskryf is as diefstel van die publiek, omdat daardie geld vermors word of deur kaping in persoonlike sakke beland.