ANC LP geskiet by sy “minnares”

Die groot bohaai rondom die moord op ANC LP Sibusiso Radebe is besig om in ‘n verleentheid te ontaard nadat dit bekend geword het dat hy geskiet is by sy minnares se woning.

Radebe het klaarblyklik reeds geruime tyd ‘n verhouding met ‘n 35-jarige bank konsultant gehad.

Foto: Wyle Sibusiso Radebe