Abrahams verwerp Zuma se versoek om uitstel

Die weggejaagde president, Jacob Zuma, se pogings om sy verhoor uit te stel het ‘n terugslag gekry toe Shaun Abrahams van die Nasionale Vervolgingsgesag geweier het om die saak terug te trek.

Natal se Direkteur van Openbare Vervolging, Moipone Noko, het verklaar dat hulle hoop om so “vroeg” as 12 November met die saak te begin.