62 Arrestasies by blokkade

Twee en sestig arrestasies is gemaak by die Van Reenenspas blokkade deur vragmotorbestuurders. Hulle gaan aangekla word van openbare geweld en die belemmering van verkeer.

Waarnemers is egter nie optimisties dat die proses end-uit gevolg dal word nie en is bevrees dat die aangeklaagdes op borg vrygelaat sal word en dat klagtes mettertyd teruggetrek gaan word.