Wie wen – McCain of Trump?

Die VSA se Republikeinse senator, John McCain, die man wat nie graag langs president Donald Trump sit nie, het begin organiseer om Republikeinse senatore te oorreed om nie ten gunste van Gina Haspel te stem as nuwe direkteur van die CIA nie.

Alhoewel Gina Haspel aan die politici gesê het dat sy nie as CIA hoof sal toelaat dat aksies onderneem sal word wat immoreel is nie, het senator McCain steeds sy mes in vir president Trump wat die dame voorgestel het as hoof van die CIA.

Die verwagting is dat McCain sal probeer om genoeg steun onder sy mede Republikeinse senatore te werf wat teen die genomineerde Gina Haspel sal stem wat moontlik die eerste vrou sal wees wat direkteur van die CIA word.

McCain het verskeie pogings aangewend in die afgelope jaar om persone deur Trump genomineer, teen te staan, maar het elke keer klaaglik misluk.

McCain het intussen meer as ’n 100 voormalige senatore en ambassadeurs laat reageer deur hulle besware teen die nominasie in te handig.

McCain sê Gina Haspel se weiering om te erken dat marteling immoreel is, diskwalifiseer haar om as direkteur aangestel te word.

Foto – Gina Haspel