Wetstoepassers self dikwels die skelms

Twee polisiebeamptes is in Hartswater in hegtenis geneem nadat hul by stropers aangesluit het tydens die onrus aldaar. Selfone is in hul besit gevind wat klaarblyklik tydens die protesoptrede gesteel is vanuit winkels.

En in Vredendal aan die Kaapse Weskus is twee verkeersbeamptes van bedrog en korrupsie aangekla nadat hulle verlede week in hegtenis geneem is omdat hulle blykbaar geld ontvang het in ruil vir padwaardigheidsertifikate. Hulle is op borgtog vrygelaat en moet weer in Junie in die hof verskyn.

In ‘n ander saak is ‘n verkeersbeampte van Bellville skuldig bevind op ‘n aanklag van korrupsie, en gevonnis tot ‘n boete van R5 000 óf 12 maande tronkstraf.