Wetenskaplike verkies die dood

Die oudste wetenskaplike in Australië wil nie langer leef nie, en verkies om te sterf na 104 jaar op aarde.

David Goodall wil graag sterf maar mag nie, want hy is nie siek nie, en kla dat sy lewenskwaliteit sodanig afgeneem het dat dit nie meer aangenaam is om te leef nie.

“Ek vind dit tog jammer dat ek so oud geword het”, en voeg dan by dat hy nie meer gelukkig is nie en eerder wil sterf.

Hy kla dat sy sig so agteruitgegaan het dat hy nie meer sy motor kan bestuur nie en ook nie meer kan lees nie.

In Australië is dit verbode om iemand te help om te sterf, en verskeie hofsake is reeds gevoer oor die aangeleentheid.

In die geval van Goodall is daar geen sprake van hulpverlening nie, want hy is nie werklik siek nie en sy verswakte oë is geen rede om te sterf nie, sê deskundiges.

Sy dogter vind dit moeilik om huis te hou met haar pa, maar het ook begrip vir sy frustrasie en ontevredenheid en sê hy het 104 pragtige lewensjare gehad wat dit nou moeiliker maak om die agteruitgang te verwerk.

Foto – David Goodall