Wêreldrekord gebreek met pizza

In Italië het 100 pizza makers saamgekom en ’n nuwe wêreldrekord opgestel toe hulle ’n Neapolitan pizza gemaak het van 7,15 meter lank.

Die pizza wat tradisioneel gebraai word, is ’n ronde pizza met vulsel binne in, maar hierdie een was meer as sewe meter lank en het 83 kilogram meel bevat, 50 kilogram mozzarella kaas, 15 kilogram ricotta kaas, 7 kilogram tamatiesous, 15 kilogram “ciccioli”  en ’n bietjie peper en blare daarby.

Die pizza was glo heerlik, en die grootste deel daarvan is aan minder bevoorregtes uitgedeel.

In 2017 het die pizza makers ook ’n reuse pizza gemaak en daarmee die lof van die Internasionale Kultuur Bewaring vir Menslikheid van die Verenigde Nasies ontvang.