Wêreld se oudste spinnekop is dood

Die wêreld se oudste spinnekop, ’n valdeur kêrel,  is dood na 43 jaar van ’n rustige ondergrondse lewe in ’n stil omgewing in Australië.

Die wyfie spinnekop is vir jare gemonitor deur navorsers wat reken dat sy waarskynlik die oudste spinnekop in die wêreld was.

Die spinnekop oortref die vorige rekordhouer, ’n tarantula wat 28 jaar geleef het in Meksiko, volgens ’n studie wat gepubliseer is in ’n uitgawe van Pacific Conservation Biology Journal.

Die tarantula is nie weens ouderdom dood nie, maar is gedood in ’n hewige geveg met ’n aggressiewe perdeby.

Navorsers in Australië sê die valdeur spinnekop het hulle in staat gestel om meer te wete te kom oor die gedrag van die yslike spinnekop.

Valdeur spinnekop wyfies neem hulle intrek in ’n ondergrondse nes, en bly hulle lewe lank daar, wat dit vir navorsers maklik maak om hulle gedrag te moniteer.