Wêreld Nuusflitse – 8 Mei

Duitsland

Die nuutverkose burgemeester van die Duitse stad Freiburg, Martin Horn, het ’n tand verloor toe hy deur ’n teenstander met die vuis bygedam is terwyl hy sy oorwinning saam met ondersteuners gevier het.

 

Italië

In Verona, Italië, het derduisende motor entoesiaste die motorskou van ou klassieke motors bygewoon, en kon hulle verlustig in die verskeidenheid wat uit 1 300 motors bestaan.

 

Rusland

Die Russiese opposisieleier wat verlede week “wederregtelik” in hegtenis geneem is tydens ’n massa optog wat gehou is uit beswaar teen president Poetin se instelling as president vir ’n vierde termyn, is Maandagoggend weer vrygelaat.

 

Duitsland

Die 89-jarige Ursula Haverbeck van Duitsland, wat bekendstaan as “Nazi moeder” word nou deur die polisie gesoek nadat sy nie opgedaag het by die tronk waar sy twee jaar tronkstraf moet uitdien vanweë haar uitlatings dat die “holocaust” ’n verdigsel is.