Wêreld Nuusflitse – 3 Mei

Lugbesoedeling

Wetenskaplikes en die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheid Organisasie beweer dat meer as 7 miljoen mense jaarliks sterf weens die enorme lugbesoedeling in talle groot stede van die wêreld.

 

Duitsland

Slegs vier van Duitsland se 128 vegvliegtuie is gereed om aan ’n oorlog deel te neem, en dit beteken dat die land se toerusting geheel en al onklaar is vir enige moontlike geveg.

 

Armenië

Die parlement in Armenië het met ’n sterk meerderheid die eis van die opposisieleier verwerp om as tussentydse premier aangewys te word, maar dit het gelei tot hewige en gewelddadige betogings deur ondersteuners van die opposisie.