Wêreld Nuusflitse – 28 Mei

Frankryk

Drie bottels geel wyn wat in die oesjaar 1774 gebottel is in die Franse Jura streek, is op ’n veiling verhandel, waarvan die een bottel teen 107 000 euro verkoop is aan ’n onbekende persoon.

 

Duitsland

’n Alkoholvrye bier het blitsvinnig op die Duitse mark verskyn nadat verslae getoon het dat die verkope van bier aansienlik gedaal het.

 

Ierland

Die kiesers van Ierland het in ’n referendum met ’n 70% ja-stem ten gunste van nuwe wetgewing besluit wat die algehele verbod op aborsies ophef.

 

Albanië

Die kiesers van Albanië het die afgelope naweek met massa optogte begin waarin derduisende kiesers eis dat die land se eerste minister moet bedank weens sy beweerde betrokkenheid by georganiseerde misdaad.

 

Venezuela

Die regering van Venezuela het ’n Amerikaanse geestelike vrygelaat uit aanhouding in die hoop dat die VSA die sanksies teen die land sal ophef, maar die Trump-regering het dit geen rede gevind om sanksies te verlig nie.