Wêreld Nuusflitse – 22 Mei

Venezuela

Die omstrede president Nicolas Maduro van Venezuela het die algemene verkiesing gewen om vir ’n tweede termyn van ses jaar te regeer, maar opposisieleiers eis ’n nuwe verkiesing en die VSA aanvaar ook nie die uitslag nie.

 

Iran

Iran sê die pogings van die Europese Unie om die kern-ooreenkoms in stand te hou, is geheel en al onvoldoende omdat Europese maatskappye nie investeer in die land nadat die VSA onttrek het uit die ooreenkoms nie.

 

Bye bevolking

Die Verenigde Nasies het ’n veldtog afgestuur om mense meer bewus te maak van die bye krisis nadat vasgestel is dat die bevolking drasties kleiner geword het in die afgelope dekade, en kanselier Merkel het gevra die mense moet iets goed doen om bye te beskerm.