Wêreld Nuusflitse – 1 Mei

Korea

Die kommunistiese Noord-Korea het besluit om sy goeie gesindheid te openbaar deur die land se horlosie te verstel met sowat 30 minute om daarmee gelyk te staan met Suid-Korea se tyd.

 

Brittanje

Die Britse minister van binnelandse sake, Amber Rudd, het haar bedanking ingedien weens ’n ernstige immigrasie skandaal waarvan sy volledig bewus was.

 

Duitsland

‘n Katolieke kardinaal in Duitsland het die regering van die Bavaria deelstaat veroordeel vir hulle besluit om op elke regeringsgebou ’n kruis aan te bring.

 

Brittanje

Sajid Javid, die seun van ’n Pakistanse immigrant in Brittanje, is aangestel as die nuwe minister van buitelandse sake in die plek van Amber Rudd wat weens ’n immigrante skandaal haar bedanking ingehandig het.