Weerstand van Armeense regering verkrummel

Die tweede poging van opposisielede het blykbaar ’n gewenste uitwerking op die regering van Armenië gehad toe die parlement weer die leier van die opposisie genomineer het as tussentydse premier.

Nikol Pashinjan, die leier van die opposisie, is na hewige protesoptogte weer in die parlement genomineer vir die premierskap nadat die eerste poging misluk het en kiesers die strate ingevaar het uit frustrasie.

Die Republikeinse Party se leier, Vahram Baghdasarjan, het in ’n media onderhoud gesê daar sal hierdie keer ’n parlementêr stemming gehou word op 8 Mei om ’n premier aan te wys wat die land sal regeer.

Onder druk van die opposisie en weke van protes teen die Republikeine se eerste minister, Serge Sargsyan, het hy uiteindelik bedank, waarna geëis is dat die hele regering bedank weens beweerde korrupsie.

Die Republikein verkeer onder hewige druk na 20 jaar van bewind, en kan ’n nederlaag te wagte wees indien die opposisieparty se 42-jarige Serge Sargsyan genoeg steun kan werf om verkies te word as premier.