Weermag en dieremishandeling

Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereninging (DBV) het die SA Weermag sterk gekritiseer oor die toestand van SAW se Spesiale Infanterie Vermoë  eenheid  in Potchefstroom.

Tydens ‘n besoek aan die eenheid is gevind dat 25 perde uitgesit moes word weens ondervoeding.

Die tekort aan opgeleide personeel en fasiliteite het daartoe gelei dat die versorging van perde totaal onvoldoende is. Die perde het geen voedsel nie en was aangewese om grond en hul eie uitskeiding te eet.

Foto: Een van die verwaarlooste perde word deur ‘n DBV inspekteur ondersoek