Waarom is Assad skielik na Poetin?

Die omstrede president van Sirië, Bashar Assad, het onverwags ’n besoek gebring by sy grootste, en waarskynlik enigste vriend, president Vladimir Poetin van Rusland.

Die twee leiers het belangrike militêre suksesse van die afgelope maande bespreek wat bygedra het tot “die begin van omstandighede  van ’n politieke proses” in Sirië.

Die leiers het glo ook die moontlikheid van hervorming op ekonomiese gebied bespreek noudat die Siriese rebellemagte se kragte aansienlik verswak is na die Russiese hulp met lugaanvalle op hulle basisse.

President Poetin het later gesê die Siriese politieke proses is sy mees aktiewe fase, en dit sal lei tot die onttrekking van ander militêr magte uit die land.

Kenners wys daarop dat Rusland verantwoordelik is vir die “verbetering in omstandighede” en wil nou betrokke wees om die regime by te staan in sy herstel van die ekonomiese toestand van die land.

Sedert 2011 het president Assad beheer oor sy land verloor weens die gewelddadige aanvalle van die opposisieparty wat ’n rebellemag gevestig het om teen die Assad regime te veg, maar kon slegs sukses behaal met Rusland se militêre hulp.

Die Siriese weermag het saam met die Russe se lugaanvalle, honderde rebelle gedood asook ’n groot aantal onskuldige burgerlikes en kinders.

Foto – President Assad en president Poetin