VSA wil Iran finansieel knak

Ekonomiese ontleders en politieke waarnemers sê die Amerikaans regering van president Donald Trump wil Iran uit die ekonomiese bestel werk.

Gerugte dat die Trump-administrasie planne beraam om Iran uit die “Swift” sisteem te werk, word toenemend in die media geopper.

Vroeër was Iran uit die sisteem en het die land ’n moeilike  ekonomiese tyd beleef, wat met ’n tweede toepassing daarvan, die land finansieel kan knak.

Indien Iran uit die “Swift” sisteem is, sal dit bykans onmoontlik wees om geld oorplasings te doen, wat meebring dat die geldstelsel tot ’n stilstand gedwing kan word.

Swift is die grootste en mees belangrike finansiële netwerk in die wêreld, en bankiers kan moeilik voorbestaan as die stelsel nie beskikbaar is nie.

Met meer as 11 000 banke in meer as 200 lande, is dit nie net die grootste netwerk nie, maar is dit ook ’n onmisbare sisteem vir enige land om doeltreffend te funksioneer op ekonomies gebied.

Foto – President Donald Trump