VSA stel EU vry van invoerbelasting

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy beleid ten opsigte van invoerbelasting op staal en aluminium tydelik aangepas en die Europese Unie daarvan vrygestel.

Die toegewing is ook op Meksiko en Kanada van toepassing en sal vir 30 dae van krag wees waarna ’n nuwe bestel waarskynlik sal geld.

Sedert 23 Maart is ’n invoerbelasting van 25% gehef op ingevoerde staal en 10% op aluminium maar ’n nuwe bedeling sal waarskynlik uitgestippel word na die 30 dae vrystellingstydperk wat verstryk op 31 Mei.

Amerika het egter ook Suid-Korea vrygestel van die invoerheffing om daarmee die goeie verhouding met die land verder te versterk.

President Trump het ook ’n spesiale vrystelling toegestaan aan Kanada en Meksiko wat beide aangrensende buurlande is.

Die Europese Unie, Sjina en Rusland sal die swaarste getref word deur die heffings, maar kenners vermoed dat Europa uiteindelik ook vrygestel sal word.