VSA hervestig sy Tweede Vloot

Die Amerikaanse vloot het aangekondig dat hy gereedmaak om sy Tweede Vloot van vroeër, weer te hervestig om diens te verrig in die Noord Atlantiese See waar Rusland sy spiere bult.

Die Tweede Vloot is ontbind deur die Barack Obama regering in 2011 omdat hulle gedink het die Koue Oorlog sal nie hervat nie en dat Rusland onskuldig optree.

Die Pentagon het in sy aankondiging ook verwys na sy oogmerke om die seegebied nie oor te laat aan Russiese skepe nie.

Kenners wys daarop dat president Trump daarmee ’n volgende stap geneem het om Amerika se trots te vestig in gebiede waar hy aansien verloor het onder die Obama regering.

Die Tweede Vloot se belangrikste taak sal wees om die Amerikaanse ooskus asook die noordelike Atlantiese Oseaan deurlopend te verken teen moontlike vyandelike magte se optrede.