VSA afvaardiging in N-Korea

Kort nadat president Donald Trump aangekondig het dat hy steeds gewillig is om Kim Jong-Un in Singapoer te ontmoet, het ’n Amerikaanse afvaardiging na Noord-Korea vertrek.

Die Noord-Koreaanse leier het ook bevestig dat hy steeds gereed maak om in gesprek te tree met die Amerikaanse president.

President Trump het bevestig dat die Amerikaanse span diplomate in Noord-Korea aangekom het om die reëlings vas te maak vir die geskiedkundige ontmoeting tussen die twee leiers wat vroeër mekaar met gevaarlike dreigemente toegesnou het.

Kim Jong-Un het vroeër gesê hy wil sien dat die hele skiereiland van Korea sonder enige kernwapens is, wat Westerse lande die indruk gee dat hy sy kernwapen aanleg waar die vervaardiging is, ook vernietig sal word.