Vliegramp eis 107 lewens

’n Vliegtuig met 110 mense aan boord het in Kuba neergestort en slegs 3 mense het die ramp oorleef en is in ’n ernstige toestand in hospitale opgeneem.

Die vliegtuig wat van die José Martí lughawe by Havana in Kuba opgestyg het met sy 110 mense, het hoofsaaklik kinders aan boord gehad.

Die grootste aantal mense aan boord is van Kubaanse afkoms volgens berigte in die Kubaanse kommunistiese party se koerant.

Vyf van die insittendes was bemanningslede waarvan drie vroue is, en was glo almal van Meksiko afkomstig wat die Boeing 737 se roete sou voltooi.

Miguel Diaz-Canel, die nuwe Kubaanse president, het die ramptoneel besoek waar deskundiges begin het om die oorledenes te identifiseer.