Verdagte gearresteer op lughawe

‘n Verdagte is op Johannesburg se internasionale lughawe gearresteer met ‘n bedrag van R6,9 miljoen in kontant in sy bagasie.

R4,5 miljoen en $199 300 is onderskep voor die verdagte na Mauritius kon vertrek.

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak oor wie die persoon is en waar die groot bedrag geld vandaan kom nie.