Venezuela President verjaag bankbestuurders

Vir die volgende drie maande is Venezuela se grootse private bankinstelling in die hande van die regering van president Nicolas Madiro.

Die bank se elf bankbestuurders is afgedank weens “hulle betrokkenheid” by valuta bedrog wat die land se geldeenheid nog verder laat daal het in waarde.

Die land se staatstelevisie het aangekondig dat die Banesco bank oorgeneem is om van ondergang gered te word.

Die regering sal ook ’n nuwe raad van bestuur benoem waarvan die minister van finansies, Yomana Koteich, as hoof diens sal verrig.

Volgens die openbare aanklaer, Tark Saab, het medewerkers van die bank doelbewus die Vesuviaanse valuta verswak wat die regering genoodsaak het om in te gryp.

Hy wou egter nie vrae beantwoord tydens ’n televisie onderhoud nie, en opposisielede se die president is besig om sy diktatoriale mag verder uit te brei.

Venezuela is wens wanbestuur deur verskeie instansies aangewys as tegnies bankrot, maar die president maak dit af as onwaar en valse inligting.

Foto – President Nicolás Maduro