Venezuela gaan politieke gevangenes vrylaat

Die uiters omstrede president van Venezuela, wat in ’n ewe omstrede verkiesing weer tot president verkies is, het tydens sy inhuldiging gesê die politieke gevangenes sal almal vrygelaat word.

President Maduro se regering het voor die aanvang van die verkiesing gesorg dat meer as 300 mense in opposisiepartye, in die tronk beland om sy verkiesing moontlik te maak.

Hy het tydens die verkiesingsveldtog gesê die persone is in hegtenis geneem weens hulle gewelddadige optrede, maar opposisielede sê die polisie het mense “uitgelok” en hardhandig behandel sodat inhegtenisneming “geregverdig” kon word.

In die verkiesing van ’n week gelede het die president 68% van die stemme gekry terwyl die oorgrote meerderheid van die opposisiepartye se leiers in die tronk gesit het.

Die Amerikaanse regering het saam met die opposisiepartye gestem en gesê die VSA erken nie die uitslag nie, wat meegebring het dat Maduro twee diplomate teruggestuur het na die VSA.

Kort daarna het president Trump se administrasie twee van Venezuela se diplomate huis toe gestuur.

Foto – President Maduro