Unisa werknemers en hul base

Swart Unisa werknemers beskryf hul werksomstandighede onder swart amptenare as “giftig”.

Verhore voor die SA Mensregte Kommissie handel oor rassisme, seksisme en diskriminasie, maar die wit baas, professor Peter Havenga, is hulle held.

Klagtes teen Havenga is glo gemaak om die aandag af te trek van swart-op-swart rassisme. ‘n Swart administratiewe assistent beskuldig die hoof van die Direktoraat van Program Akkreditasie, Alice Mkhuzangwe, daarvan dat sy werksomstandighede ondraaglik maak vir swart vroue.  Mkhuzangwe word beskryf as ‘n vyandige bestuurder.

Havenga is op spesiale verlof aangesien sy veiligheid nie gewaarborg kan word nie.