Twitter waarsku sy gebruikers

Die eienaars van die sosiale netwerk Twitter het erken dat daar van sy gebruikers se wagwoorde sigbaar geword het op die Internet netwerk.

Alhoewel dit glo nie enige gebruiker se persoonlike besonderhede openbaar nie, is daar ’n moontlikheid dat persoonlike gegewens wel deur kuberkrakers bereik kan word.

In die lig van die moontlike risiko wat bestaan vir elke gebruiker, het die eienaars aanbeveel dat sy 330 miljoen gebruikers hul wagwoord verander.

Twitter woordvoerders sê hulle kon geen tekens vind dat kuberkrakers pogings aangewend het om deur te breek nie, maar beveel aan dat die verandering gedoen word.

Die onlangse skandaal wat Facebook uiters omstrede gemaak het toe miljoene gebruikers se gegewens oopgevlek is, het die aandag weereens laat val op die risiko’s wat bestaan in die sosiale netwerk stelsels.

Die sosiale netwerke het onbetroubaar geword en die menige vals nuusberigte wat daarin verskyn het die afgelope twee jaar, het derduisende mense laat besluit om hulle betrokkenheid te staak.