Tweede hospitaal in NW geteiken

Potchefstroom se hospitaal is die tweede hospitaal in Noordwes wat onder protes optrede deurgeloop het nadat betogers dokters en verpleegpersoneel eers in Klerksdorp se Tshepong Hospitaal uitgejaag het.

Dit is nou reeds bykans twee weke dat gesondheidsdienste in Klerksdorp tot stilstand gekom het weens  die staking van Nehawu werkers.