Trump vra ondersoek na FBI

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gevra dat ondersoek ingestel word na die FBI wat heel moontlik ingesypel het in sy span tydens sy verkiesingsveldtog.

Die vermoede is klaarblyklik deur verskeie gesaghebbendes uitgespreek dat die FBI die Trump-veldtog geïnfiltreer het met die bedoeling om hom te benadeel.

Hy het in die sosiale netwerk gesê die Departement van Justisie behoort die ondersoek te lei en vas te stel of die FBI wel skuldig is aan infiltrasie met die oogmerk op politieke gewin.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat die Obama-regering betrokke was by die waarskynlike inmenging van die FBI om Clinton te bevoordeel.

Sedert Donald Trump as Republikeinse kandidaat met sy verkiesingsveldtog begin het, was die FBI telkens in die nuus met ondersoeke om vas te stel of hy band met die Russiese president het aangesien die linkse media soos CNN en die linkse Demokratiese Party telkens gesuggereer het dat dit wel die geval is.