Trump sal wapenregte in VSA beskerm

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het tydens ’n saamtrek van die Nasionale Geweervereniging, waarvan hy die erepresident is, gesê hy sal toesien dat die Amerikaanse burgers se reg op wapenbesit beskerm word.

Hy het die versekering gegee dat die wetgewing op die besit van vuurwapens nie strenger gemaak sal word nie, te midde van verskeie voorvalle waar onskuldige mense doodgeskiet is.

President Trump het gesê die dreigemente van die Demokrate dat die landswette oor vuurwapenbesit strenger gemaak gaan word, is nie op sy administrasie van toepassing nie.

In sy toespraak in Dallas, Texas, het hy herhaal dat dit veiliger vir skoliere en onderwysers sal wees as onderwysers gewapen is tydens skool ure.

Hy het bygevoeg dat daar Demokrate is wat reeds wetgewing voorberei, maar die versekering gegee dat solank as wat hy president is, sal sulke wette nie deurgevoer word nie.