Trump onttrek uit Iran kernkrag ooreenkoms

Te midde van verskeie Europese leiers se versoeke dat die Amerikaanse president die ooreenkoms met Iran moet handhaaf, het president Trump anders besluit en daarmee die wêreld in rep en roer.

Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie het ’n beroep op Iran gedoen om te hou by die akkoord al het die VSA besluit om te onttrek.

Die besluit van president Donald Trump om te onttrek is deur die Amerikaanse bondgenote in die Midde-Oosterse lande verwelkom.

Die groot moondhede, Duitsland, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, het egter bevestig dat hulle steeds hou by die Iran kernwapen ooreenkoms te midde van die VSA se besluit om te onttrek.

Die drie lande het ook die VSA versoek om die Joint Comprehensive Plan of Action (JCPOA) te respekteer, en Iran versoek om die akkoord in stand te hou.

Politieke waarnemers sê die Amerikaanse president, wat ’n uitstekende onderhandelaar is, wil met hierdie onttrekking bewys dat Barack Obama, die vorige president van die VSA, ’n swak ooreenkoms aangegaan het met Iran.

Media berigte lui dat Barack Obama sy teenkanting teen Trump se besluit uitgespreek het, en Europese lande begin wonder of hulle nie hul bande met die VSA moet opskort nie.

Foto – President D Trump