Trump laat nie met hom speel

President Donald Trump het die gesprek met die kommunis, Kim Jong-Un gekanselleer nadat die Noord-Koreaanse adjunkminister van buitelandse sake, Kim Kye Gwan, neerhalend na visepresident Mike Pence verwys het.

Die kommunistiese minister het gesê Pence se opmerking dat president Trump nie met hom sal laat speel nie, ’n arrogante en “stupid” opmerking was.

Politieke ontleders sê die optrede van president Trump was te wagte aangesien hy nie neerhalende opmerkings teenoor Mike Pence sal toelaat nie.

Minister Kim Kye Gwan het die onttrekking as “uitermatig bejammerend” beskryf, en bygevoeg dat Noord-Korea steeds bereid is tot dialoog.

Die gesprek sal waarskynlik net plaasvind indien die kommuniste ’n aanvaarbare verskoning vir hulle swak uitlating aanbied.

Intussen is berig ontvang dat president Trump te kenne gegee het dat die gesprek “waarskynlik sal plaasvind op 12 Junie” wat die vermoede laat bestaan dat Noord-Korea hulle verskoning aangebied het.

Trump het bevestig dat die twee leiers telefonies met mekaar in verbinding was, wat daarop dui dat die gesprek wel sal plaasvind.

Sommige meningsvormers is egter van oordeel dat die Noord-Koreaanse kommuniste nog nooit werklik van plan was om gesprek te voer nie, wat eie is aan die land se onbetroubaarheid soos wat dit oor dekades ondervind is.