Trump kan Iran diep sink

President Donald Trump van Amerika het met sy aankondiging dat die VSA onttrek uit die Internasionale Kern Ooreenkoms met Iran, die Midde-Oosterse land in ’n diep ekonomiese krisis laat beland.

Die Amerikaanse president het volgens kenners, op die regte tyd die aankondiging gemaak en daarmee, te midde van verskeie Europese lande se versoek om nie te onttrek nie, ’n ernstige krisis gelaat wat duisende Iranse burgers nou oortuig het dat ’n nuwe regering in hulle land nodig is, of alternatiewelik gaan hulle die land met sy swak ekonomiese vooruitsigte verlaat.

President Trump het gedurende sy verkiesingsveldtog gesê die ooreenkoms is nie sterk genoeg om Iran te verbied om weer met kernwapen ontwikkelings te begin nie, wat nou deur deskundiges bevestig is.

Die gevolg van Amerika se onttrekking kan meebring dat die VSA hernude sanksies instel teen Iran, wat die land nog verder teen die afgrond kan laat daal.