Troukoors uit die Britse vorstehuis

Almal het reeds ’n eier gelê oor die troue van Harry, ’n prins uit die Britse vorstehuis met die vermaaklikheidster Meghan, ’n Amerikaanse anderskleurige wat die aandag op haar laat fokus het.

Maar ’n paar dinge word verswyg: die verwagte 500 000 mense het toe nie opgedaag nie, en hoogstens 100 000 wou die spulletjie sien.

Die media is klaarblyklik gevra om prins Charles, wat die kleurling vrou in die kerk se paadjie moes begelei, nie prominent te vertoon nie…

Die vrou se anderskleurige ma was duidelik uit haar dieptes en Charles moes ook probeer om aandag aan haar te gee sodat alles flatervry kon verloop.

Maar toe neem die Amerikaanse gospel lot oor – eers die swart prediker wat soos ’n sirkusnar tekere gegaan het sodat die plegtige oomblikke verlore geraak het en van die gaste met ’n breë glimlag gesit en toekyk hoe die man “perform”.

’n Amerikaanse gospel koor ontsier toe die hele Britse tradisie, en uiteindelik word snedige opmerkings in die media gevind.

Op die sosiale netwerk het dit nie beter gegaan nie, maar ter wille van moontlike uitsprake wat as “rassisme” beskou kan word, word die saak daar gelaat, om nie dieselfde pad te stap soos die Duitse TV kanaal wat snedige opmerkings gemaak het en nou voor die hof gesleep word.

Een kommentator het gesê die Buckingham Paleis gaan nooit weer dieselfde wees nie, maar die gaste het hulle verkyk aan die eens geskeide vrou met die wit rok met die vyf meter lange sleep…

Foto – Meghan, nou ’n Britse hertogin