Trein brand op brug

‘n Passasierstrein het op ‘n brug oor die N1 aan die brand geslaan.

Nooddienste het teen 19:25 daarin geslaag om die vuur te blus.

Passasiers het uit die brandende trein gespring en verkeer in beide rigting is gestop uit vrees vir treingangers en brandende afval op die snelweg by die Maraisburg afrit.

Sover is die oorsaak van die brand nie bekend nie.