Transnet voorsitter bedank

Die voorsitter van Transnet, Linda Mabaso, het met onmiddellike effek bedank kort voor daar ‘n aandeelhouersvergadering sou plaasvind.

Twee nie-uitvoerende  direkteure, Vusi Nkonyane en Yasmin Forbes, het ook bedank.

Pravin Gordhan het haar bedanking aanvaar.  Die bedankings volg na Garry Pita, die hoof finansiële beampte, op 19 April bedank het.  Pita het in 2016 ‘n betaling goedgekeur van R74 miljoen aan Trillian Capital Partners.

Gordhan het onderneem om nie net Transnet se “huis” skoon te maak nie maar ook die ander semi-staatsinrigtings wat betrokke is by korrupsie.