Tientalle huise deur lawa vernietig

Die vulkaniese uitbarsting op die Groot Eiland van Hawai het die afgelope Sondag verdere paniek veroorsaak toe tonne warm lawa geboue en paaie vernietig het.

Minstens 26 woonhuise is vernietig en in meer as een geval is paaie gesluit weens die groot tonnemaat warm lawa wat in die paaie is.

Inwoners wat vir hulle veiligheid die gebied moes verlaat, het vir ’n vinnige besoek na hulle woonhuise teruggekeer om troeteldiere te versorg en ander maatreëls getref het in die hoop om hulle eiendom te beskerm.

Minstens tien keer is lawa uit die vulkaan die lug ingeblaas wat ook tonne warm lawa na die woongebiede laat stroom het.

Giftige gasse wat vrygestel word, en stoom wat saam met die brandend lawa sedert Donderdag in verskeie rigtings van die vulkaan af stroom, het reeds miljoene dollar se skade berokken.

Wetenskaplikes wat die gebeure dophou, sê die warm lawe wat die lug ingeblaas word bereik soms die hoogte van meer as 60 meter.

Die afgelope paar dae het die uitbarstings mekaar elke 10 uur opgevolg en word beskou as die ergste in 40 jaar, terwyl dit nog etlike maande kan voortduur.