Theresa May verras in plaaslike verkiesings

Die Konserwatiewe Party van eerste minister Theresa May het almal verras met die sterk vertoning in die afgelope plaaslike verkiesings van Engeland.

Politieke ontleders meen die positiewe resultate in die plaaslike owerheid verkiesings is ’n versterking vir die premier in die Brexit onderhandelings met die Europese Unie.

Die Arbeidersparty het minder goed gevaar en kon nie daarin slaag om gevestigde Arbeiders gebiede behou nie, en het reeds verskeie gebiede afgestaan aan die Konserwatiewes.

Die verwagting was dat die Britse premier ’n groot pak slae gaan kry, maar die doemprofete is verkeerd bewys.

Die nasionalistiese Ukip (United Kingdom Independence Party) het weereens swak gevaar en minstens 86 raadslede se plekke verloor.