Swart op swart geweld in Soweto

Swart inwoners in die Glen Ridge woonbuurt van Soweto, het paaie afgesper om onwettige swart grondbesetters te verhoed om plakkershutte in die gebied op te rig.

Inwoners is bang dat sou daar ‘n plakkerskamp opgerig word sal hul eiendomme se waardes verminder.  Interessant is die opmerking:  “Waar gaan hul water en krag kry, hulle gaan dit steel by ons”.

Polisie het vroeg Maandagmiddag van die protesteerders uitmekaar gejaag met rubber koeëls.