Studie: Orkaan eis duisende lewens

’n Onafhanklike stadie wat deur die Universiteit van Harvard gedoen is oor die orkaan wat Puerto Rico getref het, dui daarop dat dit 70 keer meer skade aangerig het as wat deur die owerhede bekendgemaak is.

Volgens die studie het 4 645 mense omgekom in die verwoestende Orkaan Maria terwyl die owerheid dit op 62 gestel het.

Die orkaan wat die gebied in September verlede jaar getref het, het ook verwoesting gesaai en die infrastruktuur sodanig beskadig dat die heropbou nog etlike jare sal duur.

Die orkaan wat byna vier maande lank met sy verwoestende werk voortgeduur het, het eers aan die einde van Desember tot bedaring gekom.

Die 3,3 miljoen eilandbewoners het ook miljarde dollar se skade aan persoonlike eiendom en infrastruktuur opgedoen, en die studie toon dat die skade sowat $90 miljard beloop en dat die eiland nooit die volle omvang van die skade self kan regstel nie, en afhanklik is van internasionale bystand.