Spaanse premier staar wantroue mosie in gesig

Die Sosialiste in Spanje het ’n mosie van wantroue ingedien by die parlement teen die konserwatiewe eerste minister, Mariano Rajoy, nadat sy party skuldig bevind is aan die verkryging en bevoordeling van fondse wat onwettig is.

Die drie hoof opposisiepartye sal moet kragte saamsnoer om die mosie in ’n stemming deurgevoer te kry, wat nie onmoontlik is nie, want premier Rajoy het tans regeer met ’n minderheid in die parlement.

Indien die mosie sou slaag, kan dit lei tot ’n vervroegde algemene verkiesing in Spanje, en kan dit ook lei tot ’n nuwe regering waarvan Rajoy nie die premier is nie.

“Daar is slegs een persoon wat verantwoordelik gehou kan word vir die situasie, en daardie persoon is Mariano Rajoy”, het die leier van die Sosialiste aan die media gesê.

Intussen het ’n leiersfiguur van die separatiste in die deelstaat Katalonië gesê die wiel het gedraai, want Rajoy se onregverdige optrede teen die separatiste word nou in ’n ander munt deur hom betaal.

Die hoërhof in Spanje het die blaam op premier Mariano Rajoy se nek laat neerkom, en het hewige ontsteltenis teweeggebring onder sy party se ondersteuners.

Foto – Premier Mariano Rajoy